SportSport

Bobbies veerpyltjiespan is Noordwes se bestes

Die plaaslike Bobbies veerpyltjies manspan het die jaarlikse Noordwes Interklubs-kompetisie wat op Saterdag, 1 Junie in Klerksdorp gehou is, gewen.

Die plaaslike Bobbies veerpyltjies manspan het die jaarlikse Noordwes Interklubs-kompetisie wat op Saterdag, 1 Junie in Klerksdorp gehou is, gewen.

Daar was ‘n klompie harde wedstryde waar die pyltjies behoorlik gevlieg het. Potch Bobbies het al hul wedstryde gewen, waarna hulle in die finaal teen Impala van Rustenburg gespeel het.

Dit was ‘n stryd wat enige kant toe kon gaan. Bobbies het uiteindelik die stryd met 9-8 gewen. In totaal was daar 72 spelers vanoor die provinsie – ‘n rekordgetal bywoning. Dit was die grootste getal spelers in ‘n Noordwes-kompetisie die afgelope 19 jaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button