SportSport

Luiperds o.21’s pluk Sharks se tande op Olënpark

Dit was die perfekte terugkeer vir die Luiperds op hulle hoofkwartier en hulle het soos manne op 'n missie die Sharks aangevat in hierdie wip-wa wedstryd.

Die Luiperds o.21’s het danksy ‘n wendrie van buitesenter, Lincoln Daniels, ‘n verrassende 30-29 oorwinning teen die Sharks o.21’s op Olënpark vanmiddag (Saterdag, 22 Junie) behaal.

Dit was die perfekte terugkeer vir die Luiperds op hulle hoofkwartier en hulle het soos manne op ‘n missie die Sharks aangevat in hierdie wip-wa wedstryd.

Hannes Esterhuizen se manne het nooit opgegee nie en al was hulle met 17-11 agter teen halftyd, het hulle op die ou einde met ‘n belangrike wen in hulle eerste wedstryd van die kompetisie begin.

Lees meer oor hierdie briljante wen in komende week se Potchefstroom Herald (27 Junie) se uitgawe van Potchefstroom Herald. 

Foto’s: Wouter Pienaar en Chrisna Mentz

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button