SportSport

Ferdies se o.15 netbalspan weer bo in die Dekalb-reeks

Ferdies wen die o.15-liga vir die tweede agtereenvolgende jaar nadat hulle met Hoërskool Sannieshof met ’n telling van 36-26 afgereken het.

Hoërskool Ferdinand Postma se netbalspanne het besonder goed in die Dekalb-reeks vir kleinskole gevaar. Ferdies wen die o.15-liga vir die tweede agtereenvolgende jaar nadat hulle met Hoërskool Sannieshof met ’n telling van 36-26 afgereken het.

Halftyd was die spanne gelyk, maar Ferdies het hul sokkies opgetrek en die knoop deurgehaak. Ferdies se doele het elke bal wat die verdedigers kón afvat in hul guns laat tel. Ferdies se tweedespan het naelskraap met 21-20 teen Hoërskool Stella in hul eindstryd verloor, terwyl die o.14- span 24-21 teen Hoërskool Bloemhof gewen het om die derde plek in die liga te beklee.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button