SportSport

NWU presteer in bibberweer

Die swemmers het ‘n baie verdienstelike eerste plek vir die swemmers 17 jaar en ouer (senior klub) tydens die nasionale prestige byeenkoms behaal.

NWU-swemmers het van 24 tot 29 Junie die koue tydens die Sasol Nasionale Winterkampioenskappe in Sasolburg aangedurf. ‘n Totaal van 35 swemklubs het deelgeneem. Die byeenkoms is die eerste gala van die nuwe swemseisoen en die swemmers het reeds puik prestasies gelewer wat beloof om vir groot opwinding later in die swemseisoen te sorg.

Die swemmers het ‘n baie verdienstelike eerste plek vir die swemmers 17 jaar en ouer (senior klub) tydens die nasionale prestige byeenkoms behaal.

Die volgende swemmers het vir die wen gesorg: Ashleigh Hunter (3 silwer- en 4 bronsmedaljes), Licinda Kleynhans (2 silwer- en 1 bronsmedalje), Cornelle Leach, Marné Meier (1 silwer- en 2 bronsmedaljes), Courtney van Biljon (1 silwer- en 2 bronsmedaljes), Morné van der Bank (2 silwer- en 2 bronsmedaljes), Rudy van Graan en Franco van Niekerk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button