SportSport

Blou Bulle gaffel Luiperds o.21’s op Olënpark

Die Luiperds kon nie hulle tuisveld-voordeel benut nie en moes toekyk hoe die Bulle die toutjies trek op Olënpark.

Die Luiperds se jong o.21-span het die afgelope naweek hulle vierde wedstryd in ‘n ry verloor toe hulle met 38-6 teen die Blou Bulle o.21’s klei getrap het.

Die Luiperds kon nie hulle tuisveld-voordeel benut nie en moes toekyk hoe die Bulle die toutjies trek op Olënpark.

Die besoekers het vyf drieë gaan druk met Cabous Eloff, Hanru Sirgel, Wian van Niekerk, Lian du Toit en Jay Cee Nel wat oorduik.

Die enigste puntemaker van die Luiperds was André van der Berg wat twee strafskoppe oorklits.

Nadat die Luiperds o.21’s die seisoen so goed met ‘n oorwinning teen die Sharks afgeskop het, het die seisoen nou ‘n afdraende pad geword en hulle sal vinnig moet rem slaan om weer op die wenpad te kom.

Die Luiperds o.21’s kom môre (14:00) teen die Sharks in Durban op Kings Park te staan en sal weer vir ‘n opskudding wil veroorsaak.

Foto’s: Chrisna Mentz/pixC photography

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button