Die NWU se eerste rugbyspan het net-net nie die pyp gerook die afgelope Saterdag in die Pirates Grand Challenge-finaal teen Wits die afgelope naweek nie en met 36-33 verloor in Alberton verloor.
In ‘n taai wedstryd was Burger van der Westhuizen se manne, ondanks ‘n grootskaalse terugvegpoging, net nie goed genoeg op die dag nie. Sodoende het Wits vir die eerste keer sedert 1968 hierdie trofee verower en die NWU-Puk van ‘n driekuns ontneem.

Punte:
Wits: Drieë: Lwazi Monakali (2), Kwanele Ngema, Daniel Kasende, Matthew Macdonald, Alex Skudder. Doelskoppe: Christian Humphries (3).
NWU: Drieë: JP Wegner, Stefan Nel, Boeta Piater, Duren Fillies, James Mao-Cheia. Doelskoppe: Marco Donges (4).



