Om ‘n bronsmedalje by die WSKF Karate Wêreldkampioenskappe te behaal, sit nie sommer in enige iemand se broek nie, maar vir Marco Botha, ‘n plaaslike leerder van Hoërskool Ferdinand Postma, was dit sy voorland in Japan.
Marco, wat onder Sensei Stephan Steyn by Steyn-Dojo oefen, het vanaf 19-25 Augustus sy land in Japan by hierdie gesogte shotokan karatekampioenskappe verteenwoordig en in die kumite-afdeling die bronsmedalje ingepalm. Sodoende is Marco nou onder die top drie in die wêreld in die seuns 16-17 jaar-kategorie.
“Om onder die top drie te eindig het my nou baie gemotiveer.”
Lees die volledige storie in die 12 September uitgawe van Potchefstroom Herald



