SportSport

Foto’s: NW Skolekrieket bereik halfeindstryd tydperk dié naweek

Gimmies gaan weer in die halfeindstryd teen Hoërskool Rustenburg speel en dit behoort ‘n riller van ‘n wedstryd tussen twee top spanne te wees.

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het hulle plek in komende naweek se NW o.19 A Superliga halfeindstryd bespreek toe hulle Hoërskool Klerksdorp met 3 paaltjies in ‘n wip-wa wedstryd die afgelope Saterdag op die Gimmies Oval geklop het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies se kaptein, Gerhard Turkstra met 47, was die top lopiemaker vir Gimmies in hulle totaal van 196/7. Dirco Bester het tesame met Junior Mathe, hul skool oor die wenstreep met die kolf geneem. Vroeër was Simphiwe Mkwanazi met puik boulwerk ook op sy stukke.

Gimmies het Dinsdagmiddag ook teen Hoërskool Rustenburg in die laaste rondte gespeel, nadat beide skole hul wedstryd vroeër die seisoen weens ander verpligtinge moes uitstel.
Nou gaan Gimmies weer in die halfeindstryd teen Hoërskool Rustenburg speel en dit behoort ‘n riller van ‘n wedstryd tussen twee top spanne te wees.

Hoër Volkskool Potchefstroom se onoorwonne span sal tuis teen Hoërskool Lichtenburg te staan kom. Volkies behoort te sterk vir Liggies te wees met ervare spelers soos Jannie Claassens, Van Zyl Smit en die nuwelinge soos Niel Jansen van Vuuren en Stephan Fourie, wat genoeg vuurkrag met beide bal en kolf lewer.

Op o.15 vlak sal Gimmies en Volkies albei ook komende naweek die eindstryd wil haal. Gimmies se o.15A-span het juis die afgelope naweek ’n allemintige 310 lopies aangeteken en wen KHS met 78 lopies. Hier is Benjamin Viljoen die held met ‘n pragtige beurt van 144 lopies. Volkies se top spelers soos Corné Prinsloo en Ludwig Schuld sal hulle naam weer wil hoog hou om hul titel aspirasies te laat blom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button