SportSport

Volkies pak Rustenburg in Noordwesfinaal

Ongeveer ‘n jaar gelede het hierdie twee skole ook in die Noordwes eindstryd op dieselfde veld mekaar die stryd aangesê

Daar is ‘n tikkie déjà vu wanneer Hoër Volkskool se eerste krieketspan teen Hoërskool Rustenburg te staan kom. Die Noordwes o.19A Superliga finaal vind dié Saterdag by Volkies plaas.

Ongeveer ‘n jaar gelede het hierdie twee skole ook in die Noordwes eindstryd op dieselfde veld mekaar die stryd aangesê.
Daardie dag in 2018 het Volkies met vyf paaltjies die titel vir ‘n tweede keer in ‘n ry verower toe Christopher de Freitas die wenlopies met ‘n ses gemoker het.

Wikus Marais sal een van Volkies se uitblinkers met die kolf wees.
Wikus Marais sal een van Volkies se uitblinkers met die kolf wees.

Nou gaan De Freitas en kie weer probeer om die NW-titel vir ‘n derde agtereenvolgende keer te buit. De Freitas het in die seisoen aansienlik verbeter en die talent wat hy het, merkwaardig gebruik met puik beurte wat ‘n 200 teen Lichtenburg ingesluit het.

Van Zyl Smit met kolf en bal sowel as Niel Jansen van Vuuren met sy kolf, sal die tempo uit die staanspoor uit met hulle kolwe wil bepaal. Verwag dat een van hierdie spelers ten minste ‘n 50 sal moker.
Jannie Claassens se veelsydigheid met kolf en bal kan ook nie onderskat word nie.
In sy laaste NW-finaal sal hy sy stempel wil afdruk.

Niel Jansen van Vuuren speel 'n puik dryfhou.
Niel Jansen van Vuuren speel ‘n puik dryfhou. Foto: Francois Smit

Rustenburg sal op hulle talentvolle kolwer Estiaan Schonfeldt, sowel as die draaier, Odirile Modimokane staat maak om die appelkar om te gooi.
Rustenburg kan vir ‘n verassing sorg, maar dan sal hulle op alle silinders moet vuur en seker maak dat Volkies se sterk kolforde nie momentum bou nie anders is dit ‘koebaai Meraai’ vir die Rustenburgers.

Die wedstryd begin om 09:00 op Volkies se A-veld (oorkant die hokkieveld).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button