SportSport

Volkies se o.15’s gaan vir nommer 6

Op papier het Volkies een van die sterkste kolfordes in ‘n lang tyd op o.15-vlak met kaptein Corné Prinsloo, Corné Nel, Ludwich Schuld, en Dewald du Plessis wat die rotsvaste fondasie vir Volkies dié seisoen lê.

Volkies se onoorwonne o.15A-span gaan hierdie komende Saterdag, 19 Oktober, op tuisveld probeer om vir die sesde keer in ‘n ry die Noordwestitel te verower.

Foto’s: Chrisna Mentz/pixC photography

In hulle pad staan hulle ou teenstanders Gimmies, wat ‘n stok in die wiel wil steek en Volkies se greep op die beker sal wil breek. Soos baie plaaslike skolekrieketondersteuners weet, kan vorm en spelpeil nie altyd die resultaat van ‘n eindstryd bepaal nie, veral wanneer Volkies en Gimmies sake uitspook.

Op papier het Volkies een van die sterkste kolfordes in ‘n lang tyd op o.15-vlak met kaptein Corné Prinsloo, Corné Nel, Ludwich Schuld, en Dewald du Plessis wat die rotsvaste fondasie vir Volkies dié seisoen lê. Gooi vir die veelsydige, John van Wyk, in die prentjie en jy het ‘n kolwer wat die sesse kan laat reën en paaltjies kan laat spat. Volkies het juis Rustenburg met 293 lopies in die halfeindstryd vermorsel en sal vol moed die eindstryd betree.

Gimmies se sterk punte lê nou weer in hulle boulaanval met Marko Werkman se swaai en akkuraatheid, sowel as Damian Charslund en Ruan Lotz se draaiballe wat paaltjies kan laat tuimel. Met die kolf sal Gimmies se kaptein, Martin van Onselen en Reinhardt Rontgen, vir die meerderheid lopies sorg.
Hierdie wedstryd begin om 09:00 by Volkies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button