SportSport

Marais Viljoen trap Volkies se tjank af

Volkies se ongetoetste middelorde kon nie die druk hanteer nie en die stygende lopietempo het inderwaarheid sy tol geëis. Die laaste 6 paaltjies val vir 70 lopies en is bewys van hoe Marais Viljoen nie hulle voet van Volkies se nekke afgehou het nie.

Alle goeie verhale kom tot ‘n einde, maar Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste en o.15A krieketspanne sou nie hulle 2019 Noordvaal storie met nederlae teen Hoërskool Marais Viljoen die afgelope naweek wou eindig nie.

Marais Viljoen se bekwame krieketspanne het wel seker gemaak dat Volkievreugde nie weer heers nie.

Die eerste span het met 96 lopies op hulle tuisveld gesneuwel, danksy ‘n puik boul en kolfvertoning van die besoekers. Die angel vir Volkies was Neil Bothma se verwoestende 117 (72). Jannie Claassens kon nie in sy 100ste wedstryd vir die eerste span sukses proe nie, maar kon darem met 2/40 in 10 boulbeurte spog. CJ White het ook met 4/61 bygedra.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies se kolfvertoning het goed begin met die aanvangspaar Van Zyl Smit en Niel Jansen van Vuuren wat 49 vir die eerste paaltjie aangeteken het. Smit (32) se paaltjie was ‘n groot een aangesien Volkies se openingsvennootskap gedurig die steunpilaar van hulle kolforde was.

Jansen van Vuuren se 78 (103) het sy span met die kolf gedra en hulle in die wedstryd gehou, maar Marais Viljoen het gesorg dat hulle van die ander kolfmaats ontslae raak.

Volkies se ongetoetste middelorde kon nie die druk hanteer nie en die stygende lopietempo het inderwaarheid sy tol geëis. Die laaste 6 paaltjies val vir 70 lopies en is bewys van hoe Marais Viljoen nie hulle voet van Volkies se nekke afgehou het nie.

Volkies se o.15A-span het in ‘n naelbytstryd in Alberton met slegs 2 paaltjies teen Marais Viljoen verloor.

Volkies kolf eerste en teken 215 almal uit aan met Corné Nel (57) en Dewald du Plessis (42) wat die meeste lopies aanteken. Volkies se boulaanval hou hulle in die wedstryd, met John van Wyk (4/52) wat veral uitblink. Christo Rose (1/32) en Nel (1/27) is ook fantasties met die bal in hulle hande. Marais Viljoen se Jaun Oosthuizen slaan (54 van 74) om die wen te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button