
‘n Graad-8 leerder aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom is sedert gister vermis.
Die seun, Karabo Abrams (14), het gister (8 November) ‘n eksamen by die skool afgelê, maar nie weer teruggekeer huis toe nie.
Volgens die skool het Karabo se eksamen omstreeks 12:00 klaargemaak waarna hy na bewering saam met ‘n paar skoolvriende na die Bult geloop het. Hier het hy glo in ‘n taxi geklim na uitbreiding 7, Ikageng, waar sy ma woon.
Sy ma is baie bekommerd omdat Karabo nooit by die huis uitgekom het nie. Hy was laaste in sy skooluniform gesien waar hy in die taxi klim, maar toe nie weer nie.
Sy familie vra dat as enigiemand hom gesien het, hulle asseblief sy ma, Lizzy Diseko by 083 995 6257, Louise by 066 222 9707 of Susan by 078 230 4341 moet skakel.




