
Gimmies se top atlete is gereed om die komende atletiekseisoen hulle staal te wys. Die sukses van 2020 gaan afhang van hoe die eerste sade by die vroeëseisoen byeenkomste geplant gaan word. ‘n Belangrike byeenkoms wat op pad is vir ‘n klompie van Gimmies se uitstaande atlete is die ASA Sub Jeug Interprovinsiale kampioenskappe.
Die indrukwekkende veldatlete, Lee-Ann Grobbelaar en Riandi Boshoff sal van die atlete wees om dop te hou. Grobbelaar is een van die top spiesgooieers in haar ouderdomsgroep en baie word van haar verwag. So ook die naelloper, Phemelo Molale, wat met sy spoed en vaart naam kan maak. Die volgende Gimmie-atlete is vir dié kompetisie gekies wat op 23 November in Sasolburg gaan plaasvind,
Dogters:
Lee-Ann Grobbelaar, Riandi Boshoff
Jana van der Merwe (afwesig op foto)
Seuns:
Phemelo Molale, Rico Leijenaar, Adriaan van Wyk, Tlotlo Phakedi, Richter van der Merwe
Daar was ook ’n paar gr. 7-atlete wat onder die Gimmie-vaandel deelgeneem het.
Hulle het baie goed presteer die skool is opgewonde oor die 2020-atletiekseisoen waar hierdie nuwelinge Gimmies se naam hoog gaan hou.
Die volgende gr. 7-atlete is ook vir die ASA Subjeug interprovinsiale kampioenskappe gekies en sal hulle naam wil maak.
Dogters:
Sandri van Rooyen, Kayla Scheppel, Amé Keyser en Danél Meintjies.
Seuns:
Xander Smit, Jayden Walsh, Lourens Jacobs en Johan Malan.



