SportSport

10 vrae met Ruan Haasbroek

"Die lekkerste van krieket speel vir Noordwes is om die land vol te toer, nuwe plekke te sien en nuwe mense te ontmoet. Die slegste daarvan is om op toer te moet sit en leer."

Die talentvolle plaaslike krieketspeler en oud-Gimmie, Ruan Haasbroek, het die afgelope paar seisoene sy voetspore op die krieketlandskap met ‘n klompie puik vertonings vir beide sy klub en provinsie gelos. Ons het bietjie meer oor hierdie speler gaan uitvind:

1. Vertel my meer oor wat jy doen vir ʼn lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan?)

Ek speel krieket vir die Noordwes Dragons en studeer Finansiële Rekeningkunde by die NWU.
Die lekkerste daarvan is om die land vol te toer, nuwe plekke te sien en nuwe mense te ontmoet. Die slegste daarvan is om op toer te moet sit en leer.

2. Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?

Ek is gebore in Potchefstroom en het hier groot geword. Ek wou vandat ek kan onthou nog altyd ‘n professionele sportsman geword het, hetsy dit rugby of krieket sou wees.

Ruan Haasbroek het vir die NWU krieketspan puik vertoon in hulle eerste USSA-week wedstryd teen UCT wat die Potchefstromers met 38 lopies gewen het

3. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?

By Toro of langs die dam. Eintlik enige plek behalwe die bib.

4. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?

Paddy Upton, ek dink mens kan baie by hom i.t.v. “Mental toughness” veral op die sportterein leer.
– Kevin Pietersen, sy kennis en sy selfvertroue om sy drome na te jaag ten spyte van die struikelblokke.
– Nick Vujicic , sy deursettingsvermoë en sterk geloof nadat hy sonder arms en bene gebore is.
– Virat Kohli, sy temperament en passie vir die sport.
– Faf De Klerk, sodat ek vir hom kan vra hoekom hy so baie geskop het in die wêreldbeker.

5. Saam met wie wil jy nie in ʼn hysbak vassit nie (net een persoon)?

Donald Trump

Ruan Haasbroek was one of the standout players during the 2018 Varsity Cricket tournament. He scored the fourth most runs (247) and had a fantastic average of 82.3 with a strike rate of 150. Photo: Barco Greeff
Ruan Haasbroek. Foto: Barco Greeff

6. Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?

Ek was al in Sri Lanka wat ongelooflik was, maar ek sal graag eendag Skotland of Nederland toe wil gaan.

7. Wat is jou stokperdjies?

Gholf en Visvang.

8. Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?
– Beursie
– Selfoon
– Kar sleutels
– Huis sleutels
– My horlosie

9. Drie gunstelingdisse?

-Pasta
– Braaivleis
– Bacon, Avo en feta toasted sandwich

10. Wat is jou gunstelingaanhaling?

“Never fear failure.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button