SchoolsSportSport

Tien uit tien vir Tokkies se twee sportsterre

Laerskool Mooirivier het tydens die skool se erkenningsfunksie twee uitmuntende en veelsydige sportseuns met die sporttrofee bekroon.

Laerskool Mooirivier het tydens die skool se erkenningsfunksie twee uitmuntende en veelsydige sportseuns met die sporttrofee bekroon. Antonie Labuschagne het hom tydens sy laaste jaar by Laerskool Mooirivier op vele sportterreine onderskei. Tydens die skool se huissport het hy die trofeë ontvang as beste gewigstoot-, skryfwerpatleet en beste naelloper. Hy het ook die Sias Fourie Wisseltrofee as beste baanatleet ontvang. Hy het die Kenneth Kaunda Atletiekspan gehaal, maar moes later weens ‘n besering onttrek. Hy het vir die Noordwes o.13A-hokkiespan gespeel. Hy het Noordwesrugby tydens die Cravenweek verteenwoordig.

Lhuan-dré Pretorius het weer vir die Luiperdspan uitmuntende rugby tydens die Cravenweek gespeel. Hy is vir die Noordwes-Provinsie se o.13A-Momentum Krieketspan gekies. Hy het verder ook die skool se wisseltrofee as beste gholfspeler ontvang. Albei die seuns het vir die skool se o.13A-rugby-, hokkie en krieketspanne gespeel. Die skool se o.13A-spanne was die Noordwesnaaswenners in die rugby en Noordweswenners in die hokkie- en krieketliga.

Volgende jaar gaan Antonie Labuschagne na Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp. Lhuan-dré Pretorius gaan by die privaatskool St. Stithians in Johannesburg sy sportvlerke verder ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button