Pakistan op goeie dreef in Potch
Die 2020 o.19 Krieketwêreldbeker het die afgelope naweek in Potch begin met ‘n paar lande wat alreeds hulle hande opgesteek het. Pakistan was sonder twyfel die doeltreffendste span toe hulle Skotland vir slegs 75 lopies op die NWU Oval uitgeknikker het. Pakistan het sodoende ‘n gemaklike 7-paaltjie oorwinning behaal. Suid-Afrika sal hulle sokkies moet optrek …
Die 2020 o.19 Krieketwêreldbeker het die afgelope naweek in Potch begin met ‘n paar lande wat alreeds hulle hande opgesteek het.
Pakistan was sonder twyfel die doeltreffendste span toe hulle Skotland vir slegs 75 lopies op die NWU Oval uitgeknikker het. Pakistan het sodoende ‘n gemaklike 7-paaltjie oorwinning behaal.
Suid-Afrika sal hulle sokkies moet optrek na hulle verrassende 7-paaltjie nederlaag teen Afghanistan in die openingswedstryd verlede Vrydag. Hulle volgende wedstryd is in Potchefstroom op die JB Marks Oval teen Kanada. Dit is ‘n moet-wen wedstryd en ‘n nederlaag sal die laaste ding wees wat die tuisspan sal wil verduur.
Wêreldbekerbepalings dié week in Potch:
21 Januarie – Bangladesj teen Skotland – Witrand Oval)
22 Januarie – Suid-Afrika teen Kanada (JB Marks Oval), Afghanistan teen UAE (NWU Oval), Pakistan teen Zimbabwe (Witrand Oval)
24 Januarie – Pakistan teen Bangladesj (JB Marks Oval), Afghanistan teen Kanada (Ibbies Oval)
25 Januarie – Sri Lanka teen Japan (NWU Oval), Zimbabwe teen Skotland (Witrand Oval)
Alle wedstryde begin om 10:00.






