BlogsOpinionsSportSport

Sport tot stilstand in Potch

Die gesondheid en welstand van die publiek is die belangrikste kwessie wat aangespreek moet word - en as sport vir eers in Potch moet stop, is dit die korrekte opsie. 

Die tyd het aangebreek dat sport ook ‘n knou op ons eie tuisveld in Potchefstroom kry.

Met die nuus dat internasionale sportgebeurtenisse vir die res van die maand in Maart weens die Koronavirus-pandemie uitgestel of afgestel is, is daar ook plaaslike gevolge in Potchefstroom.

Vir die afgelope paar weke is daar talle sportgebeurtenisse uitgestel of afgestel wat alle groot sokker, rugby en krieketliga’s insluit. Formule Een is gestaak, sowel as die Cape Epic en Twee Oseane Marathons om net ‘n paar te noem.

In Potchefstroom is die welbekende Varsitybekerwedstryde vir vanaand (Maandag, 16 Maart) gekanseleer met verdere besprekings wat in die pyplyn is. Die ATP 50 tennistoernooi is ook verlede week in die middel van die toernooi gekanseleer. Verwag dat alle ander groot byeenkomste dieselfde roete volg.

Verder is skole sporttoernooie ook in die weegskaal en sal moontlik uitgestel word. Dit plaas ook maande se reëlings en logistiek in gedrag sowel as ekonomiese inspuitings wat plaaslike instansies sou kry.

Plaaslike skole sal vandag rondom die nuwe regulasies vergader wat President Cyril Ramaphosa uiteengesit het gisteraand.

Skole gaan ook vroeër op Woensdag 18 Maart ‘n verlengde paasvakansie in neem. Dit beteken dat wintersport vir eers nie prioriteit sal wees nie en dat beplande sporttoere moontlik nie sal plaasvind nie, weens die reisrisiko’s en regulasies op 100 persone (maksimum) by openbare byeenkomste nou in werking tree.

Natuurlik is die gesondheid en welstand van die publiek die belangrikste kwessie wat aangespreek moet word – en as sport vir eers moet stop dan is dit die korrekte opsie.

Om wedstryde, veral skolesport, in leë stadions en velde te speel, sal nie sin maak nie.

Leerders sal weer sport kan doen wanneer die virus onder beheer geneem word en maatreëls uitgevoer word.

Daar is teleurstelling veral aangesien dit een van die besigste sportseisoene in Potch is, maar dat talle atlete Covid-19 buite aksie vir weke gediagnoseer te wees is definitief ‘n tragedie.

Kom ons wees verantwoordelik en maak goeie besluite ten opsigte van ons gesondheid.

 

Related Articles

 
Back to top button