SportSport

Varsitybekerwedstryd tussen NWU en Maties weens Covid-19 afgestel

Een van die redes is dat dat sportgeleenthede en byeenkomste van meer as 100 mense verbode is.

Maandagaand, 16 Maart se Varsitybekerwedstryd tussen die Noordwes Universiteit en Maties wat op die Fanie du Toit Sportgronde in Potchefstroom sou plaasvind is weens nasionale Covid-19 (Koronavirus) maatreëls afgestel.

Dit nadat Varsity Cup ‘n verklaring vroeër vanaand uitgereik het dat alle wedstryde môreaand afgestel is.

Een van die redes is dat sportgeleenthede en byeenkomste van meer as 100 mense verbode is en dat die gesondheid en veiligheid van spelers prioriteit is.

SA president, Cyril Ramaphosa het vanaand Covid-19 as ‘n nasionale ramp verklaar en klomp maatreëls, soos die minimum aantal mense wat byeenkomste mag bywoon,  in ‘n nasionale toespraak uiteengelê.

Die toekoms van vanjaar se Varsitybeker sal komende Dinsdag in ‘n vergadering bespreek word.

Volgens die NWU, kan kaartjiehouers hulle geld (R5) terugkry as gevolg van die kansellasie van Maandag se wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button