
Die Luiperds Rugbyunie het aangekondig dat daar geen rugbywedstryde vir die voorsienbare toekoms sal plaasvind nie.
Dit nadat SA president, Cyril Ramaphosa, die nuwe regulasies rondom die Koronavirus Sondagaand bekend gemaak het.
Volgens die verklaring wat die Luiperds Rugbyunie gister uitgereik het, sal daar geen interklub wedstryde of enige ander interskool wedstryde plaasvind nie. Geen skiedsregters sal ook beskikbaar vir wedstryde of oefenwedstryde wees nie.
Klubs mag nog oefen indien hulle binne die regulasies wat die SA president uiteengesit het, bly (nie meer as 100 mense in een plek nie)
Volgens die Luiperds Rugbyunie se president, Mervyn Taylor, sal ierdie regulasies in plek bly, todat daar ‘n amptelik nuwe besluit gemaak word.



