
Vandag fokus die Herald op twee van Potchefstroom se bekendste atlete wat in 2017 tydens die SA Skole Atletiekkampioenskappe goue status bereik het.
Miandi van Staden van Gimmies, wat toe in Graad 9 was, het vier goue medaljes ingepalm. Van Staden is nou in matriek en hou aan om die rekordboeke te herskryf met haar blitsige spoed op die baan.
De Villiers, wat toe in Graad 11, was het ‘n uitstekende jaar in 2017 beleef en in die hindernis-item ‘n goud behaal. Hy het later ook sy land by verskillende byeenkomste verteenwoordig.
De Villiers studeer tans aan die NWU en is steeds besig om sy talente in landloop en op die baan in middel en langafstande te bewys.
Lees die berig uit die argief hier:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/30948/vyf-goues-vir-potch-se-sa-kampioene/




