‘n Potchefstroomse biokinetikus, Joanita Smit, het vandag (11 April) haar 30ste verjaarsdag op ‘n uiters besondere wyse gevier toe sy 21.1 km half-marathon in haar meenthuiskompleks gedraf het. Smit het op ‘n 60 meter oprit heen en weer vir 2 ure en 15 minute gehardloop.


Sy het alreeds 6uur vanoggend skouer aan die wiel gesit met haar half-marathon.
“Nie baie mense kan noem dat hulle op hul 30ste verjaarsdag, 21km in hulle meenthuiskompleks gedraf het nie. Die belangrikste is om die kilometers op te deel in fases van 7km en dan jou kop reg te hê om dieselfde roete heen en weer te hardloop,” noem Joanita.
Lees die spesiale rede hoekom sy op haar 30ste verjaarsdag gaan draf het in die komende week se uitgawe van Potchefstroom Herald (16 April.)



