Tydens die inperkingsperiode weens Covid-19, is daar ‘n paar groot skuiwe wat in die rugbyarena, spesifiek die Pro 14 en Italiaanse Top 12-liga gebeur.
Twee voormalige NWU Varsitybeker en Luiperds-spelers, Louis “Chucky” van der Westhuizen en Schalk Hugo, gaan volgende seisoen in Europa speel.

Van der Westhuizen verruil die Blou Bulle vir die Cheetahs waar hy met voormalige NWU spanmaats soos Rhyno Smith sal speel. Hierdie haker sal vir een jaar by Bloemfonteinse span gekontrakteer wees.
Hugo, wat een van die NWU se top losskakels die afgelope paar seisoene was, sal nou vir die Italiaanse klub, Calvisano, uitdraf. Dit volgens die klub se amptelke Facebookblad.
Hugo verlaat nou dus die Franse D2 klub, Vannes, en sal nou die nuwe geleentheid met albei hande in ‘n kompeterende kompetisie vat.
Altwee skuiwe belooop voordelig vir die twee voormaige NWU-ysters te wees, aangesien speelkans en blootstelling vergroot sal word.




