SportSport

Verdediger wil aanhou naam maak op die hokkieveld

Hy noem ook dat sy hoogtepunt sover by die NWU is om in sy eerste jaar as ‘n mede-kaptein vir die Varsity Hokkietoernooi saam met Leonard du Plessis aangewys te word.

Hokkie is ‘n brandende passie wat die NWU se onderkaptein, Lochner van der Schyff, na groter hoogtes neem.
Lochner het die afgelope paar jaar in die agterlyn op die hokkieveld vir die NWU uitgeblink en hierdie voormalige Grey Kollege-leerder wil seker maak dat hy suksesvolle spore agterlaat en die saad wat by Grey geplant is, tot ‘n volwaardige boom in die toekoms laat groei.

Ek speel my hele lewe al hokkie, maar my liefde vir hokkie het begin by Grey Kollege,” vertel Lochner wat vanuit Bloemfontein afkomstig is en in 2017 by Grey College gematrikuleer het.
Lochner weet ook dat hokkie op skoolvlak hom voorberei het vir waar hy vandag is met een afrigter wat ‘n besondere merk op hom gelos het.
“Die beste aspekte van hokkie is wat ek geleer het van my afrigter, Wayne Coetzee, op skool en om die 1ste keer ons eerstespantrui aan te trek. Meeste wat ek weet vandag het ek by hom geleer. Hy het my geleer van die spel, maar die beste wat hy my geleer het was hoe hokkie ‘n groter prentjie in my lewe kan speel met die waardes wat ek daar uit leer,” deel Lochner.
Vandat Lochner by NWU hokkie betrokke geraak het, het sy spel onder Sheldon Rostron telkemale in ‘n hoë prestasie omgewing verbeter.

Lochner van der Schyff op die aanval vir die NWU

My hokkie het baie opgetel van skool af in my eerste jaar onder Sheldon Rostron. Die beste aspek vir my op universiteit is die lewenslange vriende wat ek met die spel gemaak het.

Hy noem ook dat sy hoogtepunt sover by die NWU is om in sy eerste jaar as ‘n mede-kaptein vir die Varsity Hokkietoernooi saam met Leonard du Plessis aangewys te word.
Lochner is ‘n soliede verdediger wat gewoonlik middelagterspeler speel, maar is ook gemaklik met enige posisie agterlangs.

“Die beste wedstryde vir hom op skool was teen Grey College (PE) sowel as Paarl Boys, maar op universiteit het die halfeindstryd in 2018 teen Maties uitgestaan. Daar het die NWU net-net vasgeval weens ‘n debatteerbare skeidsregters besluit destyds.

“Ek wil graag aanhou speel soos wat ek doen en ‘n goeie voorbeeld wees vir skool kinders en wys dis moontlik om op ‘n Varsity-vlak goeie hokkie te speel en ‘n moeilike rigting te kan swot,” vertel Lochner wat Bedryfs ingenieurswese studeer. Hy was ook in Veritas Manskoshuis vir 2 jaar, maar bly tans privaat.

Verdere drome sluit in om in Suid-Afrika vir ‘n Premier Hokkieliga (PHL) span te kan speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button