Met die huidige Covid-19 pandemie wat nog oor die rugbylandskap hang en vanjaar onsekerheid vir sport meebring, beteken dit nie dat daar nie reeds te veel planne vir 2021 beraam word nie.
By die NWU Rugbyinstituut het die werwingsproses vir 2021 se rugbyseiseon wel reeds volstoom begin met 23 skole se rugbyspelers wat beurse ontvang het om hul rugbyloopbane by die NWU voort te sit. Hierdie 23 beurshouers sluit 18 o.19 spelers, sowel as vyf o.20’s van oral oor in Suid-Afrika in. Dit is geen geheim dat hierdie spelers na ‘n lang rugbybreuk al te gretig gaan wees om in 2021 hulle rugbystempel op tersiêre vlak af te druk nie.

In hierdie groep is daar ook ‘n paar hoofleiers wat opgeraap is. Rehan le Maitre (hoofseun van Marais Viljoen), Christiaan Vlok (hoofseun van HTS Middelburg), Luan van der Walt (onderhoofseun van Monument) en Bradley Human (koshuishoofseun van Hoërskool Noord-Kaap) is van hierdie nuwe uitblinkers. Van der Walt is ‘n opwindende vleuel/heelagter wat met sy spoed en sin vir ‘n gaping goed by die NWU se aanvallende rugbystyl sal aanpas. Ander manne om ‘n oog op te hou is die 2.03 meter slot van Hoërskool Hermanus, Tarek Smith, sowel as die bielie van ‘n stut, Henri van der Westhuizen van Boland Landbou wat die skaal op 125kg laat staan. Marquin Uren is ook ‘n blitsige skrumskakel wat ‘n goeie aanwins sal wees. Hy is een van vier Monnas wat hul in 2021 in Potch sal vestig.

Hier is die volledige lys van spelers wat tot dusver beurse vir 2021 by die NWU Rugbyinstituut ontvang het.
* Brandon Beukes (haker, Hoërskool Monument)
* Tinsley Stuurman (senter, Hoërskool Outeniqua)
* Christiaan Vlok (senter, HTS Middelburg)
* Bradley Human (flank/agtsteman, Hoërskool Noord-Kaap)
* Stephan van Graan (stut, Hoërskool Rustenburg)
* Casper Steenkamp (slot, Grey College)
* Tarek Smith (slot, Hoërskool Hermanus)
* Nico Muller (losskakel, Affies)
* Mouhamed Diop (slot, Hoërskool Hermanus)
* Sanele Zungu (skrumskakel, Hoërskool Middelburg)
* Marquin Uren (skrumskakel, Hoërskool Monument)
* Rehann le Maitre (losskakel, Hoërskool Marais Viljoen)
* Ignus Strydom (slot, HTS Middelburg)
* Marvellous Mashimbiyi (agsteman, Hoërskool Ben Vorster)
* Ofentse Molawa (flank, HTS Sasolburg)
* Luan van der Walt (vleuel/heelagter, Hoërskool Monument)
* Jakkie Eloff (slot, Affies)
* Henri van der Westhuizen (stut, Boland Landbou)
* Fernnin Arendse (stut, Hoërskool Swartland)
* Francois Weideman (senter, Hoërskool Monument)
* Joubert Schoeman (senter, Grey College)
* Derick Marshall (senter, Kearnsney College)
* Cyle Visagie (heelagter/vleuel, HTS Middelburg).




























