
Die NWU was nog altyd een van die vooraanstaande rugbyspanne as dit by die Goue Leeus Rugbyunie se Pirates Groot Uitdaagliga vir klubrugby kom.
Een van die klub se groot hoogtepunte was toe hulle in 2002 die titel verower het, destyds nog onder die Puk-mantel voordat die universiteit in 2004 as die NWU herdoop is.
In 2002 het Jacques Swanepoel se span ‘n uitstekende jaar beleef en sowel as ‘n Piratesliga oorwinning ook die Intervarsity teen Kovsies met 43-36 gewen.
Swanepoel se Puk-span het vir Pirates in die eindstryd van die 2002-kompetisie met 22-14 geklop. Die vorige jaar in 2001 het Pirates teen die Puk gewen, maar ‘n jaar later is die bordjies verhang.
Malan du Plessis het in die eindstryd vir die Puk gedruk, terwyl heelagter, Pieter Jordaan, as die speler van die wedstryd aangewys is.
Sedertien het die NWU die Pirates Groot Uitdaagliga-titel 10 keer in die afgelope 18 jaar verower.
Kyk die oorspronklike Herald berig hier:





