SportSport

Skopboks is Luan se passie

“Ek het maar ‘n ding vir kontaksport. Dit was ‘n goeie ding wat gehelp het met selfverdediging. Ek het talent en het ‘n passie daarvoor,”

Vir die afgelope agt jaar het Volkies se top skopbokser, Luan Coetzee, net een doel voor oë gehad – om die beste te wees en in dieselfde asem homself te kan geniet en sy selfverdediging te kan opskerp. As ‘n bonus het hy as 12-jarige al oorsee gereis waar hy Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe in Carrara in Italië verteenwoordig het en ‘n tweede plek behaal het.

Luan Coetzee saam met sy afrigter, Johan van der Schyff

Sedertdien het hy al verskeie geleenthede gehad om sy land oorsee te kan verteenwoordig, maar befondsing was een struikelblok in die talentvolle jong man se pad. Nou is hierdie matrikulant steeds net so passievol en doelgerig om die top plek in hierdie sport te bereik. “Ek het maar ‘n ding vir kontaksport. Dit was ‘n goeie ding wat gehelp het met selfverdediging. Ek het talent en het ‘n passie daarvoor,” vertel Luan. Hy het reeds op 11-jarige ouderdom belangstelling in skopboks ontwikkel. “Ek het saam met een van my vriende gegaan om te kyk hoe oefen hy en daar het my belangstelling begin. Ek het toe by Sensei John Phyfer aangesluit,” vertel die voormalige leerder van ML Fick.

Luan Coetzee is ‘n gerekende Potchefstroomse skopbokser wat nog verdere hoogtes wil bereik

Hy noem ook dat Sensei Stefan Brown van die Vanderbijlpark klub en Shihan Johan van der Schyff van KFA Potch tans ‘n groot invloed op sy skopboksloopbaan het. “Vir my is my gewig, fiksheid, harde oefening en reg eet baie belangrik. Ek wil die beste vegter wees en nooit ophou nie,” sê hy. Tydens die Covid-19 inperking het hy juis tyd spandeer om hard by die huis te oefen en sy tegniek en fiksheid die hele tyd op standaard te hou en homself te verbeter. Daar was natuurlik ook matriekhuiswerk wat moes aandag kry. Luan is ‘n gerekende sportman wat ook aan rugby en atletiek deelneem en ‘n liefde vir musiek het.

Luan het in 2013 SA trots gemaak met sy silvermedalje by die skopbokswereldkampioenskappe.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button