SportSport

Speel ’n potjie gholf vir Paws se behoeftige diere

Volgens Paws se bestuurder, Herman van der Sluis, kan Potchefstromers op verskillende maniere betrokke raak, hetsy om ‘n span in te skryf, ‘n watergat of ‘n prys te borg of enige donasie te maak.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Potchefstroom Animal Welfare Society (Paws) gholfdag wat Vrydag, 20 November by die Potchefstroom Buiteklub gehou word.
Gholfspelers en -liefhebbers gaan op dié dag weer balle sink om glimlagte op die diere se gesigte te sit. Volgens Paws se bestuurder, Herman van der Sluis, kan Potchefstromers op verskillende maniere betrokke raak, hetsy om ‘n span in te skryf, ‘n watergat of ‘n prys te borg of enige donasie te maak.

Die kostes is as volg:
*R1 700 per span van vier wat ‘n rondte gholf en twee etes en iets te drinke op die baan insluit
*R500 vir die borg van ‘n watergat
*R2 000 vir ‘n span en borg van ‘n watergat
Belangrike inligting:
•Alle gholfkarretjies word deur die spelers self by die gholfbaan bespreek.
•Alle Covid-19 reëls en regulasies sal op die dag van toepassing wees. Die formaat is ‘n Beterbal Scramble Drive.

Vir meer inligting, kontak Herman by 082 374 9983.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button