SportSport

Gimmies se top tennisspelers hou oog op die bal

Met streng Covid-19 reëls wat nog toegepas is, is daar net spelers per uitnodiging gevra om aan die toernooi deel te neem.

Die tennisballe het op 2 en 3 Oktober weer oor die nette van Gimmies se tennisbane gesnel toe die Gimmies Ultimate Tennis Showdown (GUTS) toernooi plaasgevind het.
Met streng Covid-19 reëls wat nog toegepas is, is daar net spelers per uitnodiging gevra om aan die toernooi deel te neem.

Gimmies se eerstespan het ook aan die toernooi deelgeneem en teen top spelers hul staal gewys. Gimmies bedank al die borge, sowel as die ouers, laerskoolleerders wat as baljoggies opgetree het, asook vir Rouan Knoesen, Gimmies se biokinetikus wat tydens die toernooi aan diens was.
Gimmies se uitslae is as volg:
Dogters:
5de plek: Mari-Louise van Zyl
11de plek: Anica Swart
14de plek: Anika van der Westhuizen
15de plek: Marjuzel Venter
16de plek: Jacqueline van Rooyen
Seuns:
7de plek: Jan-Hendrik Botha
13de plek: Michael van Rooyen
14de plek: Philip Botha
15de plek: Franco Naudé
16de plek: Rynard Botha

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button