SportSport

Rolbalseisoen amper op die eindpunt

Die Potchefstroom rolbalklub se span wat bestaan uit Corrie Breitenbach, Rhonda en Natasha Kallis en Brenda Palmer, het ‘n voorsprong van agt punte oor die PCC-span wat bestaan uit Riekie Broodryk, Sega Mokoto, Helena Koekemoer en Babey Mogonjana.

Die laaste wedstryde in die Premierliga vir mans en vroue vind Saterdag, 20 Februarie by die Potchefstroom Buiteklub (PCC) plaas. Die Eersteliga se halfeind en eindstryde is geskeduleer vir 28 Februarie. Na afloop van die naweek se wedstryde lyk sake nou so in die ligas.

Premierliga: Vroue: Die Potchefstroom rolbalklub se span wat bestaan uit Corrie Breitenbach, Rhonda en Natasha Kallis en Brenda Palmer, het ‘n voorsprong van agt punte oor die PCC-span wat bestaan uit Riekie Broodryk, Sega Mokoto, Helena Koekemoer en Babey Mogonjana.

Mans: Pikkie Loots, Tinus Crous, Richard Harris en Piet Croucamp van Klerksdorp rolbalklub is byna oonaanvegbaar in die eersteplek met 58.5 punte. Eersteliga: Hierdie liga speel wel halfeindwedstryde wat oploop na die twee finale.

Huidige seksievoorlopers: Vroue:

Seksie 1: Potch (2) 45

Seksie 2 PCC (2) 38.5

Seksie 3 Fochville (2) 41

Mans: Seksie 1 Klerksdorp 33

Seksie 2 Potch (1) 49

Seksie 3 Klerksdorp (5) 32

Seksie 4 Sannieshof 56

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button