SportSport

Skole-skuts se visier is op die teiken

Shani Nel behaal die hoogste punt in die lê-, staan- en 10m dogtersposisie.

Die volgende Gimmie-skuts het aan die tweede NW skyfskietliga van die jaar deelgeneem en puik presteer:

o.14-uitslae: Li-Mei Coetzee, hoogste punt vir kniel- en 10m dogtersposisie. Sy behaal ‘n algehele eerste plek en Izak Barnard (Baillie Park), die hoogste punt vir lê- en 10m seunsposisie. Izak behaal ook ‘n algehele tweede plek. Casper Badenhorst (Baillie Park), het die hoogste punt vir staanposisie behaal. Casper behaal ‘n algehele sewende plek. Geluk ook aan Suné Barnard, Jonathan Immelman, Kaylene du Plessis, Matthew Redelinghuys, Dillan Brunette en Philip du Preez wat onder die top 17 skuts geëindig het.

o.16-uitslae: Shani Nel behaal die hoogste punt in die lê-, staan- en 10m dogtersposisie. Sy behaal ook ‘n eerste plek. Cobus van Rooyen, Francois Harding, Cornalie Herbst, Lahné Malan, Ruben Pretorius, Heinrich van der Merwe, Rohan Taggart, Reint Toxopëus, Delarey Joubert, Lisa Venter, Bianca van der Merwe, CJ Massey, Liné Heenop, Cheri-Lynne Henning, Jaap van der Westhuizen, Abigail Amos, Karla Wepener, Anri Hamman en GD Botes eindig onder die top 43 skuts.

o.21-uitslae: Juan Tolmay verkry die hoogste punt in die lê-posisie. Hy behaal ook ‘n algehele sesde plek en Nadine Nel ‘n algehele vyfde plek. Maricha Tolmay, Nathan Brunette, Marli van Staden, Lukas Labuschagne, Biancke Jordaan en Suné Lourens eindig onder die top 21 skuts. Elani Schabort (Baillie Park) behaal ‘n vierde plek en Albert Pienaar (M.L. Fick) ‘n vyfde plek in die o.12-pistoolstaanposisie. Minkie Heenop verwerf ‘n eerste plek in die o.14-pistoolstaanposisie.

Foto’s: Andrea Visser

Anthony Theunissen (vyfde plek,) Hencu Pretorius (sesde plek), Dariaan Swart (agtste plek) en Romain Morris (negende plek) het ook goed gedoen in die vrystaande posisie-kategorie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button