SportSport

Biochemie-student maak sy merk by Potch Dorp

“Ek dink wat klubrugby by Potch Dorp spesiaal maak is dat almal uit verskillende agtergronde kom en verskillende ouderdomme is, maar die liefde vir die spel maak ons ‘n eenheid,”

Vanjaar is daar ‘n voormalige Gimmie wat met sy talent en leierskapvermoë groot spore by Potch Dorp Rugbyklub in die nommer 8 trui trap.

Marcel Burger speel vanjaar sy eerste seisoen by Potch Dorp Rugbyklub en as onderkaptein het hy reeds bewys wat hy op die veld kan doen met ‘n paar drieë, puik lopies met die bal in hand, klipharde verdediging en uitstaande werk in die lynstane.

Marcel Burger op die aanval vir Potch Dorp Rugbyklub in vanjaar se Neserliga. Foto: Wouter Pienaar

“Ek was nog altyd ‘n flank en van hierdie jaar af eers ‘n agtsteman. Die beste ding van agtsteman is dat mens lekker baie die bal kry,” noem Marcel wat die sy liefde vir rugby op sy gesig dra.

Marcel bly al vir meer as ‘n dekade in Potchefstroom nadat sy gesin vanaf Windhoek, Namibië na Potch getrek het. Hy het sy laerskooljare aan Laerskool Mooirivier voltooi en in 2015 aan Potchefstroom Gimnasium matrikuleer.

“Vandat ek kan onthou is rugby maar ‘n baie groot ding in ons familie. Ek onthou hoe ek in die kleuterskool al baie saam met my pa rugby gaan kyk het en van daardie tyd af is ek al hooked.”

Marcel studeer tans aan die Noordwes-Universiteit en is besig met sy Meestergraad in Biochemie. Voorheen het hy koshuisrugby vir Caput gespeel en het juis by Potch Dorp aangesluit weens die feit dat koshuisrugby uitgestel is.

Marcel Burger stoom voort teen Ikageng in die Neserliga. Foto: Wouter Pienaar

“Ek dink wat klubrugby by Potch Dorp spesiaal maak is dat almal uit verskillende agtergronde kom en verskillende ouderdomme is, maar die liefde vir die spel maak ons ‘n eenheid,” verduidelik hy.

Hierdie stil en rustige mens is op sy gemaklikste saam met sy goeie vriende op ‘n staproete of in die natuur wanneer hy kans kry om te gaan jag.

“Op ‘n meer daaglikse basis sal ek by mense gaan kuier of braai as ek ‘n af tydjie het,” vertel Marcel wat nie sommer nee sal sê vir ‘n T-bone steak en so af en toe ‘n Windhoek Draught nie.

Buiten sy liefde vir rugby wil Marcel sy liefde vir biochemie in die toekoms oorsee gaan aanwend.

“Ek sal graag eendag vir ‘n ruk in Europa wil gaan werk as ‘n biochemikus en road trips doen na al die verskillende Europese lande.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button