
Noordwes Rolbal se meesterskampioenskap het die naweek plaasgevind. Die helfte van die sestien medaljes het aan die KOSH-gebied gegaan: Sewe aan Klerksdorp Rolbalklub en een aan Orkney. Parys Rolbalklub het vier medaljes gewen met twee aan die twee Potchefstroom klubs, een vir PCC en een vir Potchefstroom Rolbalklub.
Die volledige uitslae lyk so:
Ope Dames Goud: Burnadine Muller (Orkney) Silwer: Sega Mokoto (PCC) Brons: Tracey Jacobs (Parys) & René de Jager (Klerksdorp)
Ope Mans Goud: Pierre Breitenbach (Potchefstroom) Silwer: Jaco Nel (Parys) Brons: Colin de Jager (Klerksdorp) & Johan van den Heever (Sannieshof)
eteraan Dames Goud: Jillian Booth (Klerksdorp) Silwer: Amand Bester (Parys) Brons: Bettie Beare (Klerksdorp) & Magdel O’Donoghue (Parys)
Veteraan Mans Goud: Alan Kirkland: Klerksdorp Silwer: Henry Peens Klerksdorp Brons : Deon Pitts Klerksdorp & Schalk van der Merwe (La Farge)




