Dit het al die kenmerke van ʼn Shakespeare-tragedie, hoewel die dramaturg se besondere beeldspraak ontbreek. Die klok sê dit is 11:30 en die kwik spoeg reeds vuur onder Tokio se ongenaakbare son.
Of die snikhete omstandighede in die Olimpiese Stadion die atlete pla sal net hulle weet. Die Suid-Afrikaanse 4 X 100 m-aflosspan staan saam met hul eweknieë van Jamaika, Groot Britanje, Japan, Frankryk, Brasil, Trinidad en Tebogo en Nederland. Clarence Munyai, Shaun Maswanganyi, Chederick van Wyk en Akani Simbine het(ttt) hierdie.
Met Gift Leotlela beseer is Maswanganyi tot deel van die aflosviertal gekies en hy is veronderstel of die aflossbaton by Munyai na die eerste 100 m oor te neem. Chederick van Wyk kry die derde skof en die pylvlak is Simbine sʼn. E
k dink almal wat hier lees wet wat gebeur het. Verbeel jouself gou hoe dit moet voel. Jy staan 200 m weg van een baton-aangee. Jy is 26, dis die Olimpiese Spele, dis jou kans. Die baton val. Jy staan terug en kyk. Warm in Tokio. 30 as dit weer gebeur.

“Vir my was dit ʼn groot eer om vandag op die baan te stap. Om hier te wees,” sê Chederick Van Wyk. “Net die feit dat ek hier is,” praat hy verwytloos met Potchefstroom derduisende kilometers weg. Dis skaars drie ure ná sy Olimpiese droom hom sonder sy toedoen, sonder om tree te gee, sonder die noodlot se vergewingsgawe vir al sy beserings hom op sy beginplek vasgegespe het.
“Ja, dis unfortunate dat ek nie ʼn kans gekry het om te hardloop nie, maar dit is deel van sport…” Hier raak sy stem nou stil en dit raak weg in die ewige oomblik wat nie gebeur het nie.
Dan: “Om nie te kon deelneem het nie is hartseer, maar daar is nie ʼn vertoning wat ek kon sou gelewer het, wat hierdie glimlag van my gesig sou kon af kry het nie. Ek is steeds bly dat ek net hier kon wees.”
“Dit maak my net meer honger vir die volgende Spele. Mens moet net aanhou en aanhou, en dan sal jy dit reg kry.”
Die straatadres lees 10-1 Kasumigaokamachi, Shinjuku-ku, Tokio en daar is ʼn stadion. ʼn Colosseum vir krygers.
En binne, ʼn klompie ure terug het ons geleer: Soms hoef ʼn held net te staan.




