Met haar oog op die teiken is Gimmies se Shani Nel in ‘n klas van haar eie op die skyfskietbaan. Sy is een van NW se top skuts en het weer haar potensiaal beklemtoon met ‘n besonderse toekenning vir haar ouderdom.

Shani het haar klub 900-toekenning verwerf, wat beteken dat sy 900 (of meer) skote uit ‘n 1 000 geskiet het. Sy maak geskiedenis as die eerste o.16 skut in Noordwes wat in haar ouderdomsgroep dié prestasie behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



