SportSport

Luiperds se vroue Springbok-senter skitter in debuutwedstryd

Jakkie Cilliers het haar kans perfek gevat en 10 punte vir haar span aangeteken wat ‘n strafskop, sowel as ‘n drie en doelskop ingesluit het.

Die Luiperds vroue en Potch Dorp vroue rugbyspeler Jakkie Cilliers, het Maandag, 16 Augustus ‘n droom debuutwedstryd vir die Springbokke vrouerugbyspan teen die Kenia Vroue gehad.

Cilliers het op buitesenter uitgeblink in hierdie tweede toets teen die Keniane wat 29-22 in Suid-Afrika se guns geëindig het.

Jakkie Cilliers by haar Springboktui in die kleedkamer voor haar debuuttoets.

Cilliers het haar kans perfek gevat en 10 punte vir haar span aangeteken wat ‘n strafskop, sowel as ‘n drie en doelskop ingesluit het. “Ek het nie verwag dat ek op my debuut ‘n drie sal druk nie, so daardie oomblik was beslis een vir die boeke. Die wedstryd was baie spesiaal en ek het myself verbaas, veral met die verdoeling van my eie drie van die kantlyn af,” vertel Cilliers.

The SA Vroue Springbokke voor hulle tweede toets teen Kenia in Stellenbosch.

Vir Cilliers was dit ook beslis ‘n emosionele oomblik om vir die eerste keer die volkslied uit volle bors te kon sing.

Die Luiperds se senter, Jakkie Cilliers sing die volkslied tydens haar debuut vir die Springbokke teen Kenia op Maandag, 16 Augustus.

“Dit is vir my ‘n baie groot voorreg omdat ek weet dat ek groot skoene het om te vul in die Springbokspan. Ek het voor die wedstryd bietjie gestres en ‘n knop op my maag gehad, maar ek was ook opgewonde oor die geleentheid om my land te kan verteenwoordig,” noem sy.

Jakkie Cilliers het ‘n fantastiese debuutwedstryd vir die Springbokke gehad. Foto: SA Rugby/Twitter.

“Ek weet ek moet aanhou om hard te werk en luister na my afrigters se terugvoer. “Ek weet ek kan verbeter en nog ‘n beter speler saam met die Springbokke word,” beaam Cilliers.

Jakkie Cilliers trots in haar Springbokkleure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button