Gimmies se ster verspringatleet, Karmen Fouché het vanoggend met ‘n 6.10 meter spring haar plek in die finaal by die Wêreld o.20 Atletiekkampioenskappe in Nairobi, Kenia bespreek.
Fouché het in haar SA kleure haar land goed verteenwoordig en in groep B van die uitdunrondtes ‘n sesde plek behaal om vir die finaal te kwalifiseer wat op Sondag, 22 Augustus om 15:25 sal plaasvind.
Sy is dus een van die top 12 atlete in die finaal wat ‘n fantastiese prestasie vir hierdie Gimmie is.


Nog ‘n ander atleet van Gimmies wat die SA vlag in Kenia gewaai het, is die 1500m atleet en huidige SA-kampioen, Danielle Verster.
Verster het in ‘n uitdagende veld ‘n algehele tiende plek in haar uitdun behaal en kon nie vir die finaal kwalifiseer nie. Verster se tyd van 4:43:70 was net nie goed genoeg teen van die ander top atlete op die dag nie, met die dames van Kenia (Purity Chepkirui) en Ethiopië (Hiwot Mehari) wat met tye van 4:22.10 en 4:22.37 deurdring.
Verster is nog jonk en sal beslis uit die ervaring leer om nog sterker terug te kom.
Saterdag, 21 Augustus is nog twee Potchefstromers in aksie tydens die vroue 10 000m stap item. Janise Nell (Volkies) en Marissa Swanepoel (NWU) is om 09:20 in aksie. 



