SportSport

Foto’s: Gimmies te goed vir Fields College

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het die afgelope Saterdag, 11 September vir Fields College gemaklik met ses paaltjies geklop.

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het die afgelope Saterdag, 11 September vir Fields College gemaklik met ses paaltjies geklop. In hierdie NW o.19 Skoleligastryd het Gimmies vroeg die voortou op die Gimmie-Oval geneem en Fields College vir 153 almal uitgeboul.

Johan Mahne (3/15) in 9 boulbeurte en Jonathan Eybers se 2/16 in 5 boulbeurte het met die beste syfers gespog. In die lopiejaagtog het Mahne (44) en Junior Mathe (50) Gimmies se skip op koers gehou. Hulle vennootskap het die oorwinning vir die tuisspan verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button