SportSport

Volkies gee vir Wesvalia pak slae op die krieketveld

Volkies se eerste span met 9 paaltjies terwyl die o.15A manne met 226 lopies wen nadat hulle Wesvalia vir ’n skamele 28 almal uitgeboul het.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste en o.15A krieketspanne het die afgelope naweek groot pakslae vir Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp uitgedeel. Volkies se eerste span met 9 paaltjies terwyl die o.15A manne met 226 lopies wen nadat hulle Wesvalia vir ’n skamele 28 almal uitgeboul het.

Themba Sontjane het met 6/9 die hart uit Wesvalia se kolwers geruk.

In die wedstryd tussen die eerste spanne is Volkies se houtklou-kolwers op top vorm. Waldo Kemp teken ’n onoorwonne 107 lopies aan met Niel Jansen van Vuuren wat met ’n soliede 62 ook weer sy vorm herwin. Volkies teken die teiken van 234 in slegs 37 boulbeurte aan. Volkies se draaier, Stephan Fourie (3/31) in 8.5 boulbeurte was ’n doring in Wesvalia se vlees.

In die o.15A stryd teken Volkies se kolwers teken 254/9 aan. Volkies se troefkaart is Themba Sontjane met droomsyfers van 6/9 op die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button