SportSport

Berts Bricks Atletiekklub opgewonde vir nuwe seisoen

Berts Bricks Atletiekklub het die afgelope week ‘n spreekwoordelike Spring cleaning uitgevoer met hulle klublede wat die terrein by die klubhuis mooi opgeruim het.

Berts Bricks Atletiekklub het die afgelope week ‘n spreekwoordelike Spring cleaning uitgevoer met hulle klublede wat die terrein by die klubhuis mooi opgeruim het.

Die klub bedank elke klublid wat hiermee gehelp het. Die klub is ook nou weer oop vir atlete om Dinsdae hul 4km en 8km tydtoetse by die klub te kom doen.

Covid regulasies geld steeds en daar is dus geen gesamentlike wegspring soos in die verlede nie. Elke persoon spring dan weg op hulle eie tyd.

Dit is ook tyd vir die inskrywings van die volgende seisoen se klub 500 klubkompetisie. Virtuele wedlope mag gebruik word om die kilometers op jou klok te kry en almal word uitgenooi om deel van hierdie kompetisie te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button