SportSport

Foto’s: Volkies klop Gimmies in aanskoulike T10 stryd by Baillie Park

Vandag, Vrydag, 24 September het Volkies en Gimmies se T10 spanne, wat uit oud-leerders en personeel bestaan, die stryd in hierdie opwindende formaat aangevat.

Die sesse en viere het behoorlik gereën vanmiddag op Laerskool Baillie Park se krieketveld tydens die T10 toernooi wat vandag en Saterdag plaasvind.

Vandag, Vrydag, 24 September het Volkies en Gimmies se T10 spanne, wat uit oud-leerders en personeel bestaan, die stryd in hierdie opwindende formaat aangevat.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies het die oorhand gehad danksy ‘n puik kolfbeurte van Andries Huisamen, Awie Visser, en Van Zyl Smit.

Volkies moes 136 jaag vir ‘n oorwinning en het die vinnig reggekry met ‘n paar reuse houe.

Gimmies se Gerhard Turkstra het ook ‘n goeie dag met die kolf vir sy span gehad, terwyl Erik Wyma ook ‘n paaltjie vir die manne in blou laat kantel het.

Dit was ‘n wedstryd vol pret en sportmangees tussen albei spanne wat weer die klok so bietjie kon terugdraai om die skare te vermaak.

Die aksie gaan weer voort morê met die eindstryd wat om 17:00 sal plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button