CommunityNewsNewsPhoto Galleries

GM Generators spesialiseer in kragopwekkers, lugversorgers en elektriese dienste

Gunther en Michelle Bronkhorst is die eienaars van GM Generators wat in al jou behoeftes van kragopwekkers en lugversorgers voorsien.

Gunther en Michelle Bronkhorst is die eienaars van GM Generators wat in al jou behoeftes van kragopwekkers en lugversorgers voorsien.

Hulle is kundiges in elektriese dienste en het jarelange ervaring in die verskaffing van kragopwekkers vir groot finansiële instansies en hospitale regoor die Noordwes Provinsie. Van hul kliënte strek so ver as Mosselbaai. Nie net verkoop GM Generators nuwe en gebruikte kragopwekkers van alle handelsmerke nie, maar hulle verskaf ook uitstekende diens in die installasie, herstel, opknapping, onderhoud en brandstofverskaffing van kragopwekkers. Hoewel hulle enige grootte kragopwekker kan herstel en opknap, verkoop hulle slegs kragopwekkers van 20 KVA (kilovolt ampere) grootte.

Gunther is ‘n gekwalifiseerde elektrisiën wat ook elektriese installasies hanteer en elektriese foute kan opspoor. Hy doen bedrading, die installasie van datapunte, muurproppe en ligpunte.

GM Generators verskaf ook lugversorgers en hanteer die installering daarvan. Hulle diens, herstel en vervang die gas van lugversorgers in huise, besighede en motors, asook yskaste. Die besigheid is in Wolmaransstraat 92. ‘n Nuwe reeks kwaliteit skoonmaakprodukte wat uitstekende waarde vir geld is, word ook op die perseel verkoop – van saniteerders tot bleikmiddels, waspoeier, vlekverwyderaars en ‘degreasers’.

Vir enige navrae of kwotasies, skakel Michelle by 082 061 5031 of Gunther by 076 331 5694.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button