Hoërskool Ferdinand Postma se skuts het hul goed van hul taak gekwyt by die SA kampioenskappe. Matthew Edwards was Noordwes en Ferdies se top skut en behaal ‘n algehele 18de plek. Marno Colyn was Ferdies se beste junior skut en eindig algeheel 35ste.
Individuele prestasies (Ferdies): o.16:
12de: Marno Colyn 72ste: Richter Jansen van Vuuren

o.21 (Uit 89 skuts)
12de: Matthew Edwards 36ste: Hanro Brits 45ste: Bruce Fritz 53ste: Hanno van Wyk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) bestaan uit skuts vanuit 10 provinsiale skiet unies, met skuts so jonk as 9 jaar tot en met matriek.
Daar is meer as 50 skole en sowat 1 000 skuts wat landwyd deelneem. Skuts neem deel in geweer-, presisie-, veer- en pistoolklasse, onder verskeie ouderdomsgroepe en dissiplines op ‘n 10 m afstand. Daar word in drie ouderdomsgroepe geskiet: o.14, o.16 en o.21.
Die top skuts uit elke provinsie kan vir die Nasionale Suid-Afrikaanse Kampioenskappe kwalifiseer wat elke jaar in September/Oktober plaasvind. SANSSU SA’s 2021 Daar het die jaar altesaam 292 geweer skuts aan die SA’s deelgeneem.




