SportSport

13 oorwinnings vir Burke in skitterende 2021

Vanjaar was my mental game baie sterk en daarom kon ek baie toernooie gewen het.

2021 sal ‘n jaar wees wat die Potchefstroomse gholfspeler, Christiaan Burke, nie sommer sal vergeet nie. Nie net het hy die baanrekord by die Potchefstroom Buiteklub met ‘n 56 (-16) opgestel nie, maar ‘n allemintige 13 trofeë op amateur en professionele vlak gewen.

Christiaan Burke in aksie tydens die afgelope SA Ope waaraan hy deelgeneem het by Sun City. Foto: Facebook

Drie toernooi oorwinnings was op amateurvlak, vier op die Big Easy IGT (professionele toer) en vyf op die Bushveldtoer (professioneel) en die klubkampioenskappe by Serengeti.

Burke is ook tans vierde in die land op amateurvlak in die Ope Mans kategorie. “Vanjaar was my mental game baie sterk en daarom kon ek baie toernooie gewen het. Ek het hard geoefen die afgelope vier jaar om vanjaar so baie toernooie kon wen,” noem hy.

In 2022 beplan Burke om in die Britse of Amerikaanse Amateurtoernooi te speel en in die Eisenhower trofee (2022 Wêreld Amateur Spankampioenskappe) in Frankryk te speel waaraan die top 3 amateurspelers in Suid-Afrika kan deelneem

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button