SportSport

Volkies wys staal by Kaapse Krieketfees

In die tydkrieketstryd teen Curro Durbanville maak Volkies se o.15’s 210/8 in 65 boulbeurte. Hier is Louis van Wyk weer ‘n staatmaker met 55 lopies.

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15 en eerste krieketspanne het in hulle skool se 100ste bestaansjaar hul krieketveldtogte op ‘n hoë noot begin.

Tydens die Hoër Jongenskool Paarl se Krieketfees in die Paarl wat vanaf 7-10 Januarie plaasgevind het was albei spanne kookwater.

Theunis Nel in aksie.

24 skole het aan hierdie kriekettoernooi deelgeneem met tydkrieket, 50-beurt en T-20 beurtwedstryde wat oor die vier dae gespeel is.

Volkies se o.15-span het vir een van die groot opslae gesorg toe hulle vir Grey Kollege van Bloemfontein met 315 lopies verslaan het.

Volkies se o.15A span tydens die HJS Krieketfees in die Paarl.

Hierdie span onder leiding van Andries Huisamen en Cobus Crowther, het een wedstryd gewen, een onbeslis gespeel en twee verloor.

Teen Grey Kollege slaan Volkies 347/5 met Louis van Wyk wat ‘n puik 103 (125) moker. Grey Kollege word vir slegs 32 uitgeboul. Hier neem Zander Kok 3-8 en Themba Sontjane 2/9.

In die tydkrieketstryd teen Curro Durbanville maak Volkies se o.15’s 210/8 in 65 boulbeurte. Hier is Van Wyk weer ‘n staatmaker met 55 lopies.

Schalk Pienaar van Volkies se o.15A span in aksie.

Curro byt vas en teken 130/9 aan om ‘n onbesliste uitslag te handhaaf. Olefa Padi en Schalk Pienaar neem elke 3 paaltjies vir Volkies.

Helpmekaar Kollege (ses paaltjies) en Stellenberg (2 paaltjies) klop vir Volkies in twee taai wedstryde.

Volkies se eerste span behaal ook sukses tydens hierdie krieketfees met ‘n onbesliste uitslag teen Paarl Gim, en oorwinnings teen Paarl Vallei, Northcliff High en Curro Durbanville.

Volkies se o.19A span

Volkies se o.19A’s klop gemaklik vir Paarl Vallei met 121 lopies danksy Attie Liebenberg se 45 met die kolf in sy span se beurt van 218 almal uit.

Christiaan Smit met 6/21 is die ster in Volkies se vier paaltjie oorwinning teen Northcliff. John van Wyk slaan ook ‘n briljante 76 (81) in sy span se lopiejaagtog van 164 vir die wen.

Volkies se eerstes eindig hulle week met ‘n 5 paaltjie sege teen Curro Durbanville in ‘n T-20 stryd. Lunga May (4/14) beperk die Kapenaars tot 95 almal uit. Volkies teken die wenlopies in 14 boulbeurte aan. Ludwich Schuld is die top lopiemaker met 27 lopies.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button