SportSport

Volkies open Saterdag hul nuwe bergfietsbaan

Die baan is perfek vir die beginner tot ervare fietsryer en beloof om ‘n ervaring te wees om nie mis te loop nie.

Hoër Volkskool in samewerking met Laerskool M.L. Fick gaan hulle bergfietsbaan Saterdag, 19 Februarie amptelik open.

Skole se fietsryers van alle ouderdomsgroepe word genooi om aan die dag se resies deel te neem. Die baan is perfek vir die beginner tot ervare fietsryer en beloof om ‘n ervaring te wees om nie mis te loop nie.

Fietsryers sal Saterdag in onderskeie afdelings (volgens ouderdomsgroepe) deelneem. Daar sal ook verskeie afstande wees, met pryse op die spel.

“Die laerskole sal in senior- en junior-afdelings opgedeel word en die hoërskole in junior- en senior-afdelings (seuns en dogters). Die laerskole spring om 09:00 weg en elke uur sal daar ‘n nuwe resies wees.
Dit gaan lekker pret wees,” noem Volkies fietsry se voorsitter, Chris Brits.

Vir navrae kan Brits by 079 285 8369 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button