SportSport

Atletiek uit die boonste rakke hierdie Maart in Potch

Die groot byeenkoms waarna atletiekliefhebbers kan uitsien is die ASA Jeug en Junior SA kampioenskappe wat vanaf 31 Maart -2 April sal plaasvind.

Daar wag vanjaar mondwaterende atletiek op Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) in Maart en April. Die NWU McArthur-stadion gaan baie besig wees met ligabyeenkomste, sowel as verskeie NW laerskool-, hoërskool- en provinsiale kampioenskappe.

Die groot byeenkoms waarna atletiekliefhebbers kan uitsien is die ASA Jeug en Junior SA kampioenskappe wat vanaf 31 Maart -2 April sal plaasvind.

Hier sal van die top jong atlete in die land skouers skuur om te kyk wie die nasionale kroon sal dra. Die SASA Skole Laerskole nasionale kampioenskappe vind ook vanaf 24-26 Maart in Potchefstroom plaas.

Hier sal die room van laerskole-atletiek hulle talente ten toon stel. Hier is die lys van byeenkomste wat by die NWU McArthur atletiekstadion voorlê:

  • 2 Maart – ACNW liga: Die wêreldbekende voormalige spiesgooier en afrigter, Jan Železný en sy spiesgooiers sal hier deelneem.
  • 3 Maart – LSEN NW kampioenskappe.
  • 4 Maart – NW Laerskole kampioenskappe.
  • 5 Maart – NW Hoërskole kampioenskappe.
  • 11-12 Maart – ACNW se ASA kampioenskap.
  • 24-26 Maart – SASA Skole Laerskole nasionale kampioenskappe.
  • 31 Maart – 2 April: ASA Youth and Junior Championship – R50 per toeskouer.
  • 6 April – Grand Prix Atletiek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button