SportSport

Ferdie maak naam op die skaakbord in Kenia

Sy het vyf van haar nege spelle gewen om ‘n sewende plek in die dogters o.17 afdeling in te palm.

Elzette Fourie het vanaf 13 tot 19 Desember 2021 aan die Afrika Individuele Skole skaakkampioenskappe in Kenia deelgeneem. Sy het vyf van haar nege spelle gewen om ‘n sewende plek in die dogters o.17 afdeling in te palm.

“Dit was ‘n groot voorreg om Suid-Afrika te kon verteenwoordig en teen ander Afrika spelers te kon speel. Dit was ‘n lekker trotse gevoel om op die maat van Jerusalema by die afsluitingsfunksie in te loop,” noem Elzette.

Die Suid-Afrikaanse span het uit 40 lede bestaan en het 10 goue medaljes gewen. Dit was die land met die meeste goue medaljes, hoewel Kenia in totaal meer medaljes gewen het.

Die ander lande wat deelgeneem het was Uganda, Botswana, Malawi, Tanzanië, Zimbabwe en Ghana. Zambië en Egipte het weens Covid onttrek.

Elzette saam met die SA Skaakspan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button