SportSport

Een verandering vir NWU teen UJ vanaand

Vanaand (28 Februarie) sal Andre Pretorius teen die NWU se voormalige breier, Jonathan Mokuena te staan kom.

Die NWU sal op die goeie vertoning wat hulle Maandag (21 Februarie) teen die Universiteit van Wes-Kaapland gewys het, wil bou. Hulle volgende wedstryd is ‘n wegwedstryd teen die Universiteit van Johannesburg (UJ). Vanaand (28 Februarie) sal Pretorius teen die NWU se voormalige breier, Jonathan Mokuena te staan kom. Mokuena het die NWU na Varsitybeker glorie in 2016 gelei. Volgens hom is daar ‘n goeie gees tussen hom en Pretorius. “Omdat ons mekaar so lank ken en goeie verhoudings gebou het, is daar maar ‘n vriendelike geterg. Hy het my gevra of ek die NWU se truie sal kom uitdeel. Toe sê ek dit is reg, net solank hy vir my ‘n bier koop nadat ons gewen het,” lag Mokuena. Tog sal die vriendelikheid stop wanneer die twee spanne mekaar die stryd aansê. Beide spanne sal op goeie vertonings wil bou. Volgens Pretorius het die NWU die skietgoed om UJ te stuit. Behalwe vir Gustav Erlank wat in plek van die beseerde Chris Vermaak gaan diens doen, is die NWU se beginspan wat teen die UWK gewen het onveranderd.  Calvin Clack en Keegan Twigg is ook op die bank ingesluit. UJ het gelykop teen CUT gespeel en naelskraap teen Ikeys verloor. Die uitslag van die wedstryd teen CUT is na die tyd aangepas. Mokuena se manne het aanvanklik die wedstryd gewen, maar CUT het ‘n appèl gewen nadat hulle geglo het een van hulle drieë was sewe punte werd. Beide die NWU en UJ het in die tweede helfte teen Ikeys verloor nadat hulle teen halftyd redelik gemaklik voor was. Pretorius se span het goed teruggebons om die UWK goed te wen. Mokuena het reeds goeie werk met UJ gedoen. Verlede jaar het UJ tweede laaste op die punteleer geëindig. Vanjaar sal twee spanne uit die Varsitybeker na die Varsity-skild kompetisie gerelegeer word. Dit sal op 2021 en 2022 se punteleer gebaseer word. “Ons wil altyd al ons wedstryde wen, maar ons fokus op die prosesse in plaas van die resultate. Ons doen meer reg as wat ons verkeerd doen, so as ons aanhou fokus op die goeie goed, sal ons goed vaar,” het Mokuena gesê. Die wedstryd tussen UJ en NWU skop om 19:00 af in Johannesburg af. Die beginspanne lyk soos volg: NWU: Ruben du Plessis, Vernon PAulo, Sampie Swiegers, Marvelous Mashimbyi, Ruben Dreyer, Gustav Erlank, Heinz Bertram, Andre Fouche, Riaan Genis, Nivan Peterson, Pienaar van Niekerk, Isrome Phatudi, Tino Swanepoel, Keano Windvogel, Heinrich Botha. Plaasvervangers: Chyle van Zyl, Jason Jansen, Ntobeko Shezi, Wihan Nel, Calvin Clack, Aphelele Madaka, Martin Venter, Keegan Twigg UJ: Kayden Kiewit, Hloni Mphuti, Frans Bezuidenhout, Phillip Apea-edu, Brendon Pawson, Johannes Terblanche, Siyabonga Masuku, Kelvin Kanenungo, Keegan Joubert, Jonathan Viljoen, Likhaya Tengimfene, Indiphile Tyeda, Musa Tshabalala, Rowan Malgas, Shaun Baxter Plaasvervangers: Darnell Osuagwu, Elisha Kwitonda, Andrew Siminyu, Connor van Buuren, Babalo Makana, Buhle Qaba, Mpho Kubheka, Gerath Louw  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button