SportSport

PVR beker sluit op hoë noot vir Dorp af

Dié wedstryd was om te bepaal wie derde in die kompetisie eindig. 

Die Phillip van Rensburg  uitdaagbeker het vir Potchefstroom Dorp Rugbyklub op ‘n hoë noot afgesluit nadat hulle vir Wolverines met 24-17 kon klop.

Dié wedstryd was om te bepaal wie derde in die kompetisie eindig.

Joe Smith, Dorp se hoofafrigter, was baie bly oor die wedstryd.

“Ons het gekry wat ons gesoek het. Die spelers het ‘n goeie week van oefening gehad en als waaraan ons gewerk het, het toe bymekaar gekom,” verduidelik Smith.

Volgens hom is daar klein dinge waaraan gewerk moet word voor die Neser-liga begin.

“Als sal 100% wees sodra ons die 26ste met die Neser begin,” sê hy.

Potch Dorp het verlede jaar die Neser-liga gewen en sal graag hulle titel wil verdedig.

In die Beker eindstryd het Impala naelskraap teen Klerksdorp gewen. Die eindtelling was 25-23. Klerksdorp sal die goeie form van die PVR beker na die Neser-liga wil oordra. Hulle lyk soos die span om te klop in vanjaar premier Klubrugbykompetisie van die Luiperds

Impala wen die PVR beker FOTO: Mario van de Wall

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button