Die NWU se planne lyk of dit op die regte tyd van die seisoen bymekaar kom.
Die Arende was verseker as die buiteperd teen ‘n sterk Tuks span beskou. Tog het hulle vir 80 minute aanhou speel om Tuks met 17- 8 op tuis bodem te klop.
Dit was ‘n behoorlike oorlog tussen die twee pakke voorspelers, met nie een wat ‘n enkele meter wou opgee nie. Elke skrum kon enige kant toe gaan. Ruben du Plessis het vir Jason Jansen in die eerste helfte vervang en dadelik ‘n impak gemaak. Dit is juis ‘n vaskop wat deur die NWU gewen is wat na hulle eerste drie gely het. André Fouche, die staatmaker agter in die skrum het die momentum van die skrum tot sy voordeel gebruik om in die 31ste minuut oor die lyn te duik.
Massive scrum and André Fouché gives @nwusports1 the lead and the Potch crowd goes wild!
The Eagles number 8 has been instrumental so far! #RugbyThatRocks pic.twitter.com/cXwM99ZgR2
— Varsity Cup (@varsitycup) March 7, 2022
Stefan Coetzee die heelagter van Tuks het in die 15de minuut ‘n rooikaart ontvang nadat hy vir Heinrich Botha met ‘n ‘slaparm’ in die gesig getref het. Alhoewel die NWU baie kanse gehad het om nog meer drieë te druk terwyl hulle ‘n man meer op die veld gehad het, het hulle weer gesukkel om af te rond.
Dit het gelyk of die wedstryd weer vir die NWU in die tweede helfte verlore sou gaan, maar Sampie Swiegers het sy troepe goed bymekaar gehou. Gustav Erlank het ‘n skitterende drie gedruk en Naiden Jaarts het aan die einde ‘n welverdiende vyf punte bymekaar gemaak.
Naiden Jaarts and the @nwusports1 Eagles soars to an epic victory over defending champs @TuksSport!
FNB NWU 17 – 8 FNB Tuks#RugbyThatRocks pic.twitter.com/xvyfyDDcxL
— Varsity Cup (@varsitycup) March 7, 2022
“Dit was rerig baie spesiaal gewees. Met als wat gebeur het in die week. Ek is baie trots op die ouens, hierdie was baie belangrik vir ons seisoen gewees. Dit het gewys dat ons teen die beste kan kompeteer. Ons sien uit na volgende week se harde wedstryd teen Kovsies,” het Sampie Swiegers, NWU kaptein, gesê.
Die NWU sal nou hulle visier op Shimlas sit. Hulle reis Bloemfontein toe vir volgende week se kragmeting met die span wat bo aan die punteleer is.



